Ek mis...Ek mis die speel in n skoon rivier stroom, ek mis die gejaag van modder pensies op die plaas, ek mis die peanut butter en stroop broodjie in koffie om ouma se kombuis tafel, ek mis die gejodel van Heidi in die berge, ek mis toe ouma en oupa nog stories vertel het, ek mis in die straat speel, ek mis die klank van reën op n sink dak, ek mis die rond ry en kyk na al die bruin in voortrekkerhoogte, ek mis die kersliggies op kerk plein oor Des maand, ek mis die saam sing van kers liedjies, ek mis vir jou... oranja, wit en blou.