As die pers van Pretoria die hemel blou breek, en die wind oor die draak se rug sou sing, as die donker grys die reën sou bring, die piet my vrou tot donker laat sou sing, as die donderweer in die donker nag sou dreun, as die padda sou koor, en die boom water sou stoor, dan my lief sal ek n ring aan jou vinger sit, en saam sal ons voor 1 Vader bid, dat Hy ons sal seën, soos die aarde aan ons geleen.