Bring die gryswolke na my toe
Eks seker hulle weet
Ek kyk glad nie op hulle trane neer
Die koue is 'n weerkaatsing
Wat so bekend voel
Die voorgee heeltemal van my afspoel
Grysreën,
Vir die een wat na jou kyk
In die lug waar jy besluit
Waar jy vandag heen sweef
Grysreën
Jy kan altyd by my bly
Ek wens ek was vry soos jy
Met bewondering word na jou donkerglans gekyk
Grysreën
Mense om my
Soek net na sonskyn en bloulug
Maar by my
Is jou donkergryskombers
Die mooiste gesig
Grysreën,
Vir die een wat na jou kyk
In die lug waar jy besluit
Waar jy vandag heen sweef
Grysreën
Jy kan altyd by my bly
Ek wens ek was vry soos jy
Met bewondering word na jou donkerglans gekyk
Grysreën