Ek Sal Nie Só Lewe Nie
Ek wyer
Sweef maar waar jy wil
Hier staan ek alleen
Dis soos ’n pleister op ’n gebreekte been
Jy sê dis fine, maar jy sien nie eers my seer
Elke dag het ek gesê: “Liefie, ek is lief vir jou”
My arms was oop, my hart was kaal en rou
Ek het jou drukkies gegee en altyd tyd gemaak
Ek het probeer speel, met jou gesels, met jou praat
Tot ek moeg geraak het, tot ek stil geraak het
Tot my liefde vir jou net soos geraas geklink het
Ek is gelos, sonder gevoelens
Ek staan soos n pilaar sout
Vas in die tyd
Vas in die modder end donder storms
Tot my woorde jou begin irriteer
Tot my smeek vir aandag net “nagging” was vir jou oor en oor
Tot my hartkwale, my pyn, my vrees
Net nog ’n irritasie was wat jy ignoreer
Dis soos ’n pleister op ’n gebreekte been
Jy kan dit plak, maar jy maak nie heel wat breek
Jy het my drie keer laat val voor jy rêrig weg is
Drie keer gewys ek is nooit jou eerste keuse nie
Ek is gelos, sonder gevoelens
Ek staan soos n pilaar sout
Vas in die tyd
Vas in die modder end donder storms
Verwaarloos en swak
Kyk hoe kyk jy vir my nou ieweskielik so mak
Jy kyk weer na ander vrouens, die skerms vol leuens
Hier staan ek alleen