In die lig voel ek groot, in die donker voel ek klein
Mense kyk na my lyf, maar nie na waar ek pyn nie
Ek glimlag en draai, ek probeer weg kom
Vir ’n uur voel ek heel — dan tik die stilte my kop trug om en om die selfde wiel
Ek weet dit’s net ’n vlug, ek weet ek hardloop weg
Vanaand wil ek dans, net ’n oomblik he
Sien my, sien my — jy kry nie my hart nie
Sien my, sien my — ek verloor nie die wond nie
Sien my, sien my — dans om nie te huil nie
Sien my, sien my — hier voel ek vir ’n rukkie soos n foller mens
Ek kyk in di ligtevas , laat die ligte my vang
maar dit raak nie my siel nie
In my kop is daar ’n stem wat praat van te min
Ek soek die lied wat sal stilmaak die pyn binne my siel
Ek weet ek swaai my seer net weg, net vir ’n nag , net vir n uur
Net n uur ....
....
....
....
fluister my naam
Ek voel soos ’n kunswerk en dans deur die raam
Ek soek die warmte in ’n hand of ’n lig
Maar ek weet diep binne, ek is nog bewus
.....
Daar's ’n stem wat sê hou nou op, jy kan nie altyd vlug nie
die geluide trek my in, en ek vergeet vir n ruk
Ek wil hier wees, nie net afgeskakel wees nie
Maar vanaand laat ek los, net n kort stuk
....
Sien my, sien my — maar kry nie my hart nie Sien my, sien my — maar kry nie my hart nie Sien my, sien my — maar kry nie my hart nie
Sien my, sien my — en ek verminder my seer
Sien my, sien my — en ek verminder my seer
Sien my, sien my — en ek verminder my seer
Sien my, sien my — en ek verminder my seer
Môre kom die stiltes terug, maar vanaand is daar n warm lig
Ek beweeg, ek probeer myself wees — maar ek weet ek is die selfde nog steeds
.