Hierdie Kersfees was daardie Kersfees
’n Kersfees wat hóórd aan ons klein blommetjie
nie jou ego nie ,
jou eierskil mentaliteit nie, nie ’n kans om iets soets te verteer nie
en iets mooi suur te maak nie
Jy moes hierheen kom
háár sien, praat, ’n pa wees vir haar
háár vashou, liefhê gee, opdaag soos jy sê jy sou ...
Maar kyk nou ...
Bly nou stil ...
Hierdie Kersfees ....
het jy met my gestry oor die foon, ek hoor nog hoe jou warm stem
al die geluk uitgesyfer het
jy maak jou stem groot , gooi jou ass oor my naam
asof ék die probleem is, ek die gemors...
Bly nou kalm
Shush...
jy’s die een wat nie eers jou eie lewe kan regruk nie , waneer alles op ’n silwer skinkbord gegee is nie...
Die lug is Versmoorend maar ek kry my asem
Bly nou stil
Shush
Stilte is goud ....
Mooi so!
jy daag twee uure laat op,
asof jy ’n applous verdien het
vir uiteindelik die minimum doen vir jou kind , asof ál ons tyd aan jou behoort
Die lug is Versmoorend maar ek kry my asem
Bly nou stil
Shush
Stilte is goud ....
Jy lieg
jy lieg, jy probeer als beheer
Word wakker
Dit is nou klaar
....
.....