Alleen in die donker met net my gedagtes...
Hoe moet ek vashou, tot die son opkom en jou glimlag by Die Koppie vir my wag. Dae van gesels en lag. Jy is alles waarna ek smag.
Die aand raak lank. Ek kyk na die sterre ,ek praat met die maan.
By die Koppie het ons mekaar gevind, deur ons altwee se warrelwind.
Jou kyk regdeur my,asof jy my ken.
Alleen in die donker met net my gedagtes...
Hoe moet ek vashou, tot die son opkom en jou glimlag by Die Koppie vir my wag. Dae van gesels en lag. Jy is alles waarna ek smag.
Warm koffie in die aand voor jy my hart koud los .Jou reuk op my kussing hou my warm in die nag,wanneer jy terug gaan na jou regte lewe en my agterlos...om te wag ... Soos n spook wat nie bestaan.
Alleen in die donker met net my gedagtes...
Hoe moet ek vashou, tot die son opkom en jou glimlag by Die Koppie vir my wag. Dae van gesels en lag. Jy is alles waarna ek smag.
Dit voel of jy nog altyd deel was van my.
Eendag sal jy ook lief wees vir my. By die Koppie is waar jy is, waar my hart is.