Onvergangklik is die verlede.
Die toekoms..
Net n lugkasteel.
Want as hy tuimel in die hede,sal ook hy die verlede deel.
Daarom moet ons terug kyk en beteken.
Die prys tot dusver betaal.
En uit die puinhope van gister, die eerste stene haal.
Ook as jy weer en weer moet t'rug kyk
(As die lewe jou nog spaar)
Lê nog nuwe sterker stene,vir vandag se bouwerk daar.!
Want uit die lesse van jou bouvalle
Is jou kennis nie meer beperk.
En kan jy weer bou,kan jy weer bou-
Aan vandag-jou grootste werk.