My ysterkind my boeta kind jy staan so sterk
Van kleintyd af het jy jou merk
Jou hart so suiwer jou pad so reg
Al was die wêreld soms so gek
My ysterkind my boeta kind
Jy bly getrou al waai die wind
Geen grys net wit en swart
Jy dra die Here diep in jou hart
jy is n man na God se hart soos Dawid
Jou verhouding met die Here so diep
’n Lig wat skyn waar ander mense slaap en streef
Vandag staan jy voor jou bruid
Maar jy bly my kind my trots so luid
Jy kies die regte pad
Al loop jy soms alleen
die here sal jou seen en spoedig maak
My ysterkind my boetakind
Jy bly getrou al waai die wind
Geen grys net wit en swart
Jy dra die Here diep in jou hart
man na god se hart
Laat ek jou net nog een keer lei
’n Dansie saam voor jy wegry
Jy maak robin jou vrou ek gee jou vry
Maar jy bly my yster my trots vir altyd
n man na god se hart die here sal seen en spoedig maak
my boeta kind my dawid kind