

Prompt / Lyrics
Sê My Wie Ken Vers 1 (Die Moeder) Sê my wie ken die onrus in 'n moederhart, as die lewe druk en jou rug is teen die muur, met geen hoop en raad en niemand by wie jy kan gaan aanklop. Eens op 'n tyd was jy die persoon na wie almal kon gaan, maar ons almal kry 'n kans om te sien wie is vir ons en wie nie. En wanneer die donker om ons toesak kom die besef: Jy’s nie alleen nie, was nog nooit nie, want daar is Iemand in hierdie oomblik van niemand. Iemand wat wil uithelp, om jou laste te help dra, Iemand wat aan die kruis gesterf het vir jou en my, en Sy naam is Jesus, Jesus alleen. Vers 2 (Die Kind) In die flou lig van 'n kerslig sit 'n jong kind en leer, met gedagtes so deurmekaar, want die letters in die boek is nie genoeg om die geskreeu van stryende ouers in sy geheue weg te vat, of die hongerpyne stil te maak. Maar Jesus kom en fluister: "Hou moed jongeling, daar is Iemand, terwyl jy voel soos niemand. Ek is hier en wil jou uithelp om die verlede te vergeet en jou toekoms aan te gryp." Vers 3 (Die Vader) Iewers sit 'n vader te bang om terug te keer huistoe want, hoe verduidelik hy sy leë hande? Hoe kyk hy verby die gierige honger ogies as sy vaderhart self nie meer raad en hoop het? Terwyl hy sit en wonder oor 'n môre wat geen belofte het, kom die besef daar is Iemand, juis terwyl ek voel soos niks en niemand. Iemand wat my skuld betaal het, en daarom sal ek opstaan en terugkeer na Hom, want Hy is Jesus en Jesus alleen. Koor / Slot Hy is Jesus, Hy is Jesus, 'n God van wonders op die laaste minuut. Hy laat jou nimmer alleen, nooit is jy verlate of vergete, Hy maak jou iemand in jou oomblik as niemand, want Hy is Jesus alleen [Guitar Solo] [Female Vocal]
Tags
Gospel modern soulfull blues
4:18
No
3/1/2026