Ouma, jy moes gaan
Toe ons jou nog hier wou hou
Ouma, ons laat nou los want ons weet waar is jy nou
Ouma, dankie vir alles
Jy't ons met stille liefde omvou
Ouma hierdie liedjie is vir jou
Ouma jou stem is nou stil
Maar ons hoor nog steeds jou lag
Ouma jou stoel is leeg maar jy's nog by ons elke dag
Ouma jy's lankal weg
Maar waak steeds oor ons in die nag
En ons weet dat jy vir ons sal waak
Ouma, by Jesus is jy nou
Dit laat ons met groot verlange
Ouma maar dit sê ek jou, jou stap weerklink nog in ons gange
Ouma ons weet met vertoue
Eendag deel ons weer die gesalle
So Ouma, hierdie liedjie is vir jou
Ja Ouma, hierdie liedjie is vir jou
[Female Vocal]