Ek en jy het as vreemdelinge ontmoet.
Ek in n nuwe dorp, plek en nuwe terrein, het niemand geken. Toe stap jy in...
My hart het byna uit sy kas gespring.
Jy het die mooiste smile gegee, jou naam gegee, en die vloer het onder my uit beweeg.
Vir n oomblik was ek stom, heeltemaal dom. Jy het elke dag kom kuier, en my hart laat smelt. Toe kom die dag wat jy my gevra het om te kom kuier.
Jy met jou helder blou oë, perfefte gespierde modellyf, en die mooiste glimlag wat ek al ooit gesien het.
Jy was my hartedief, vir jou was ek tog soo lief!!
Jy het gese ons sal nooit meer as net vriende wees, maar tog het jy diep in my siel gelees.
Ek het myself verloor, jy het my heeltemaal bekoor.
Jy het my dinge geleer, dinge gewys, dinge wat ek nooit kan vergeet
Jy het my hart gebreek, en ek het net aanhou probeer die pyn wegsteek
Jy was my hartedief, vir jou was ek tog soo lief